In die slegste tyd in my lewe het Vader dit so gewil dat ek met Willem kontak gemaak het. Mentor, lewens gids, profesionele vriend, noem dit wat jy wil, maar deur sy leiding kon ek die stukke weer optel, weer lig sien vir die toekoms en voluit lewe. Ek kan nou my emosies evalueer, wat is waar en wat is nie. Wat is belangrik in die lewe en wat is nie. Ek het gekom op n plek waar ek aanvaar het wie ek is en strewe om die beste ek te wees. Ek laat nie meer toe dat ander my waarde bepaal nie, net ekself en wie ek is in die hart van my Vader. Charlotte Holliday
Willem Badenhorst is vir meer as 21 jaar aan my bekend . Ek het vir die laaste ongeveer 15 jaar maandelikse persoonlike kuiersessies met hom gehad waartydens ek baie van my persoonlike verhoudingsprobleme, lewensdoel onsekerhede, geestelike vrae en belangrike lewens en besigheids keuses met hom kon bespreek.
Ek kan absoluut getuig van die wesenlike positiewe waarde wat hierdie gesprekke in my lewe gehad het. Willem se praktiese aanslag en insig, geestelike diepte, besondere mense kennis uit jare se ondervinding, welbelese kennis en betroubare integriteit waarmee hy my gehelp het, was van onskatbare waarde.
Ons almal ervaar verskillende krisisse en probleme in ons lewens wat ons sukkel om self op te los. Ek kan Willem met vrymoedigheid ten sterkste aanbeveel vir hulp en advies daarmee in enige persoon se lewe. Piet Ebersohn ( 63 )
Wanneer Paulus in terme van ‘melk’ en ‘vaste kos’ met die Christene van sy tyd gesels het, het ek al meer as een keer gewonder wat sou hy van my ‘vlak van Christenskap’ gesê het. Daar was selfs ‘n tyd wanneer ek gewonder het (en dit is nie so lank gelede nie) of daar enige verdere ingrypende verandering van my denke kan wees ten opsigte van my sieninge as christen en ook my verhouding met God. Ek beskou myself as baie geseënd, dat God se genade vir my oorvloedig is en dat ek ‘n innige verhouding met God het. Daar was egter steeds baie vrae ten opsigte van my situasie.
Dit is al ‘n geruime tyd wat Willem sy ervaringe rondom die beginsels van kwantum energie met my begin deel het. Dit het my belangstelling geprikkel en in ons ‘coaching’ sessies het ons meer en in diepte daaroor begin gesels. Gebaseer daarop het die onderwerpe van bespreking uitgebrei en kan ek sê dat daar die afgelope tydperk ‘n ingrypende verandering in denke by my plaasgevind het. Dit het, onder andere, die volgende aspekte is in my geloofslewe aangespreek:
1. My een-wees met God;
2. ‘n Diepere verstaan van wat die Bybel bedoel wanneer dit sê dat ek ‘n tempel van God drie-enig is;
3. As ek sê dat ek glo – wat behels dit regtig?;
4. Om subjektief en aktief betrokke te wees wanneer ek vir iemand anders bid (nie net ‘in te tree’ nie);
5. Die identifisering en ‘skoonmaak’ van denke wat nie werklik van waarde in my lewe is nie en daarom ‘n beperkende invloed het;
6. Die waarde van meditasie.
Willem het ‘n besondere gawe om sy kennis sinvol aan iemand anders oor te dra. Ek glo die beginsels wat gedurende die kursus oorgedra gaan word, lewensveranderend in enige iemand sal gaan wees. Alwyn van Rensburg
Ek wil eerste met die volgende “affirmation” sê wat my leefwyse is: “I am an Instrument and my energy is the Music.”
En dit het alles begin met dit wat Willem my geleer het, o.a. met die “Brain Charge” kursus wat hy aangebied het. Dit het my hele lewe en denke verander, oor myself, die lewe, mense en omstandighede.
1. Ek het myself commit.
2. Ek het en wou baie graag toepas (“huiswerk”) wat vir my geleer en gegee is.
3. Die inligting wat Willem my geleer het, het ek in gedrink en deel van my lewe gemaak, totdat dit vir my ’n leefwyse geword het. (Ek wil dit eet, praat en leef) elk dag.
Ek is ’n instrument in die Here se hande en wil vir Hom mooi musiek maak, waar ek is en gaan. Ek wil “wees” en laat Hy wat in my “IS”, doen.
Word deel daarvan en maak saam met my mooi musiek!!!
As daar een persoon is by wie jy wil leer, is dit Willem Badenhorst, want dit wat hy vir jou leer, is wat hyself in sy lewe toepas en uitleef.
Marietha Stander
