Brunnen Life Method

Die Brunnen Life Method is ‘n manier om die lewe te verstaan vanuit ‘n holistiese perspektief.

Die Brunnen Life Method begin en eindig met die verstaan dat ons geskape is na die beeld van God en deur Jesus Christus se versoening in ‘n totale herstelde eenheid met God geplaas is. (We are seamlessly one with God).

Die metode  werk vir enige persoon, nie net vir gelowiges nie. Jy hoef nie ‘n gelowige te wees om die voordele daarvan te beleef nie. Die begeleier se doel is ook nie om jou van geloofsoortuiging te laat verander nie.

  • Brunnen Life Method is glad nie gekoppel met die een of ander geloofsgroepering nie. Daar is ‘n vryheid by die praktisyns wat meebring dat hulle wyd lees, luister, evalueer en toelaat om deur waarheid gevorm te word. Ons glo alle waarheid is in en van God, maak nie saak wie dit beet het of deel nie. Daarom is die beginsel om oop te wees en om by enigeen te leer vir ons belangrik.
  • Daar is wat ons betref geen spanning tussen die wetenskap en geloof nie. Wie wel spanning beleef verstaan of die een of die ander nie.
  • Dat die mens die kroon van die skepping is en meer is as bloot net deel van die quantum fisiese bestaan, word wyd in die wetenskap aanvaar. Die vermoë wat ons as mense het om dit wat tot ons beskikking is deur middel van keuses te bestuur, bewys dat ons meer is. Dink bv. aan die brein, die beïnvloeding van chemiese prosesse d.m.v. tegnieke, NLP (Neuro Linguistic Programming), visualisering, woorde waarmee lewe en dood gespreek word, kreatiwiteit, Placebo en Nocebo effek waar denke gesondheid en siekte beïnvloed, ens.
  • Wat ons baie keer as mense beperk, is die Oortuigingsbasis (belief system) wat ons deur die jare gevorm het. Daardie onderbewussyn sisteme beheer ongeveer 95% van ons verstaan en optrede. Sonder dat ons dit eers verstaan, gaan ons daarmee voort totdat ons op ‘n dag agterkom dat daar goed is wat ons vashou en verhinder om deurbrake te beleef. Ons sukkel om sin te maak van die lewe. Dis dan dat ons moet begin vra na die oorsprong van die probleem. Die wonder van menswees is dat ons juis in die proses van vrae vra, by die oorsprong van foutiewe denke kan uitkom en die patrone daarvan kan verander. Verskeie tegnieke is beskikbaar om hierdie prosesse te fasiliteer. Neoroplastisiteit is die term wat sê dat die Menslike brein homself kan herstel met die regte insette. 
  • Die verstaan van die Quantum Fisika en die rol wat dit in die keuses en funksionering van die mens vervul, is vir Brunnen Life Method van groot waarde. (Kyk gerus na die kort reeks van vyf sessies oor “Hoe om te Lewe met Impak?” https://youtu.be/sm7Txc0jevw. Nadat jy die eerste een gekyk het, “subscribe” en die res sal beskikbaar wees op YouTube) Die fout wat die wetenskap en geloofsgroepe baie maklik maak, is dat die een die ander se kennis en belewing wil ontken of misken. Brunnen Life Method se uitgangspunt is juis dat beide die benaderings ‘n punt beet het. Wanneer balans tussen die twee reg is, bring dit onbeskryflike deurbrake en moontlikhede na vore. Dit bring weer hoop waar mense baie keer magteloos voel t.o.v. die wêreld en die omstandighede waarvan hulle dink dat dit nie moontlik is om ‘n verskil te maak nie. bv. Jy sal baie keer hoor iemand maak die opmerking: “wat kan ek tog nou aan die land se omstandighede doen…?” Wanneer jy verstaan hoe quantum fisika werk en hoe die mens dit kan aanwend, is die impak wat ons op die omstandighede kan hê ver meer as om net te gaan stem en dan te hoop vir die beste. Dit bring ook ‘n Nuwe betekenis aan gebed wat gewoonlik meestal verstaan is as ‘n oorgee van probleme aan God terwyl by Brunnen Life Method verstaan ons dit baie meer as ‘n proses van medewerkers wees aan die uitvoering daarvan. Baie opwindend.
  • Meditasie word baie keer veral in geloofsgemeenskappe verkeerd verstaan of bloot geëtiketeer en daarmee afgeskryf, veral as van die tegnieke dalk nie uit bekende geledere kom nie… So kan die geweldige krag van meditasie gemis word. By Brunnen Life Method het ons na al die kante van die saak gekyk, wyd geluister en tot die konklusie gekom dat daar baie meer positief in meditasie is as wat ons in die verlede besef het. (Kyk gerus na die vier inleidende gesprekke oor meditasie https://youtu.be/nxjufBbO8W4. Nadat jy die eerste een gekyk het, “subscribe” en die res sal beskikbaar wees op YouTube)
  • Die hele proses van oop wees om na ander mense – wat miskien van ons uitgangspunte verskil – te luister, het ons by ‘n wonderlike waarheid uitgebring nl. Alle waarheid, is God se waarheid, ongeag wie dit beet het. Dit het ons ook geleer om met groter waardering na ander mense te luister en respek te hê vir hulle verstaan. Wanneer jy veilig is in jou eie verstaan van geloof/die lewe is jy minder bedreig deur verskil van opinie. Ons is van mening dat dit ook die meer volwasse manier van funksioneer is. Kry soveel as moontlik inligting bymekaar en neem dan ‘n ingeligte besluit met die onderskeidings vermoë wat jy het. Wedersydse respek vir ander se verstaan/standpunte neem glad nie weg dat jy steeds jou eie verstaan mag en moet hê nie. Dit is na ons oordeel juis die groter verstaan en uitleef van die beginsel van die Liefde. Om te bly groei en ontwikkel in ‘n voortdurend veranderende wêreld, is na ons oordeel noodsaaklik as ons relevant wil bly vandag. Daarom verwelkom ons verandering en insette wat ons kan opbou en verbeter. Daarom behou ons vir onsself die reg voor om voortdurend aan te pas en te vernuwe. As ons môre agterkom dat ons ‘n fout gemaak het, is dit die maklikste om dit te erken en voort te bou op nuwe geweegte insette en/of insigte. Ons het gedurende die afgelope paar jaar alreeds soveel aanpassings aan ons verstaan gemaak wat vir iemand van buite dalk bedreigend kan wees, maar van die ander kant af gesien, is dit so bevrydend. Al die skuiwe het ons gebring by ‘n groter verstaan van onsself en ons wil graag voortgaan met hierdie reis van die lewe.
  • By Brunnen Life Method glo ons dis nie nodig dat almal eers self/alleen deur al die worstelinge en soek na lig hoef te gaan nie. Ons deel graag die lig wat ons het en help jou om jou eie lig te geniet. Kontak ons gerus as jy belangstel in sodanige gesprekke http://
    Faith affiliation