My passie is mense en hulle potensiaal.
Willem Badenhorst (jou Lewensbegeleier)Video oor belangrikheid van Life Coaching
Ons is wonderlik gemaak met onbeperkte potensiaal.
Op ons lewenspad kry ons te doen met allerhande uitdagings waarop ons moet reageer. Ongelukkig is dit so dat ons baie keer besluit neem met die minimum inligting of kennis tot ons beskikking. Wanneer ons gebore word, is dit soos ‘n skoon bladsy waarop geskryf moet word. Elke pasgebore baba is soos ‘n spons wat vir die eerste ongeveer 7 jaar net inligting inneem en self betekenis daaraan gee. Die betekeins is nie noodwendig korrek nie, want jou kennis is nog so beperk. Tog vorm dit die basis van jou verstaan. Namate jy groter word en met meer mense as net jou familie te doen kry, begin die proses van evaluering, maar die geneigdheid is dat jy alle nuwe inligting evalueer teen jou reeds bekende basis. Meestal neem jy slegs die dinge aan wat klop met die inligting wat jy reeds het, want jy het uit die aard van jou verhouding met jou ouers, familie en naby vriende genoeg vertroue in dit wat jy by hulle gesien het, dat jy nie daardie gedeelte maklik bevraagteken nie. Ongelukkig is die beperkings wat in hulle siening van die lewe en hulleself is, deel van dit wat jy onbewustelik in jou verstaan ingetrek het. Dit neem nogal ‘n redelike proses vir iemand om so ver te kom om daardie basis oortuigings uit te haal en te bevraagteken. Dis my oortuiging dat mense tot baie meer instaat is as wat hulle hulleself voor krediet gee. Dit is nodig dat elkeen begelei sal word om weer krities na hulle eie stel basis oortuigings te kyk en aanpassings te maak waar nodig ten einde die oneindige potensiaal wat latent aanwesig is te ontdek en te ontgin. Dit verskaf my matelose vreugde om te sien hoe mense hierdie nuutgevonde potensiaal begin verken en op plekke van vryheid begin vlieg waarvan hulleself nog nooit voorheen eers kon droom nie.
Kyk gerus na die videos wat meer bespreek omtrent die Lewe met Impak